Claire Hopkins releases music video for Go Gettem Girl!

GO GETTEM GIRL is ’n country-pop-snit wat reflekteer op die hartverskeurende realiteite waarmee ons tans in die
land gekonfronteer word, en die kunstenaar glo dat dit sal aanklank vind by ’n wye gehoor.

“Enige verandering in die lewe, hetsy positief of negatief, het sy voor- en nadele. Nie net vir die persoon wat die
besluit neem nie, maar ook vir hul naastes. Ek mis my vriende en familie vreeslik baie,” vertel Claire.

Die musiekvideo handel oor ’n meisie wat besluit om te emigreer en die verloop van die proses tot sy moet afskeid
neem. Die video is in geskiet op ‘n plaas in Bapsontein en is deur Inkglas vervaardig.

Kyk die video hier: https://youtu.be/NSm97ckwUR4

Hierdie jong kunstenaar se nuutste vrystelling is haar tweede oorspronklike en vierde algehele enkelsnit – dit volg in
die voetspore van Keeper, wat einde 2021 uitgereik is en bo-aan die trefferleer van verskeie groot radiostasies
gekuier het.

Claire spog met ’n Onderwysdiploma, twee honneursgrade (Opvoedkundige Sielkunde en Remediërende Terapie) en
’n meestersgraad (Opvoedkundige Sielkunde).

Sy werk tans as ’n sielkundige in die Kaap, waar sy nog besig is om haar voete te vind, maar is vasberade om haar
droom om ’n bekende musikant te word te verwesenlik.

GO GETTEM GIRL is ’n emosionele liedjie wat met die hart praat en gaan beslis help om hierdie veelsydige talent
verder te vestig in die musiekbedryf!

Brandlive