Magriet Groenewald speaks out on Threads VS Twitter: Who will win?

Meta, die maatskappy wat verantwoordelik is vir Facebook en Instagram, vernuwe
weereens die wêreld van sosiale media met sy nuutste innoverende platform: Threads. Hierdie nuwe toep neem
vinnig in gewildheid toe en het reeds vorige aflaai-rekords oortref. Onder leiding van die span wat Facebook geskep
het, bring Threads ’n vars benadering tot sosialenetwerke deur minder klem te lê op nuus en politiek.

Mark Zuckerberg se Meta het ontdek dat deur minder politiek en nuus te deel, hulle die gebruikerservaring kan
verbeter en inkomste kan verhoog. Threads verskuif die fokus van intense debatte en kontroversiële nuus na dinge
wat gebruikers geniet, soos bekendes, beïnvloeders en persoonlike kontak en sluit ook foto’s en kletsopsies met
vriende en familie in. Meta se uiteindelike doel is om Threads te ontwikkel in ’n platform wat gebruikers kan geniet, sonder om betrokke te raak in argumente of gekritiseer te word oor hulle opinies.

Plaaslike sosialemediakenner, Magriet Groenewald, het onlangs haar mening en insig gedeel oor Threads vs. Twitter
en hoe sy dit sien ontvou. “Algoritmes speel ’n groot rol in die vorming van ons sosiale media ervaring, en Meta is
bewus hiervan. Facebook het byvoorbeeld ’n doelbewuste keuse gemaak om plasings van vriende en familie voor
harde nuus te plaas, wat bewys het dat dit gebruikers betrokke en tevrede hou. In teenstelling hiermee lê Twitter se krag in die klem op politiek en aktuele sake. Ondanks Meta se pogings om die Threads-algoritme te verfyn, glo
deskundiges soos Alex Stamos, voormalige hoofsekuriteitsbeampte by Facebook, dat namate meer Twitter-gebruikers
oorgaan na Threads, dit uiteindelik ’n soortgelyke dinamika kan aanneem,” verduidelik Groenewald.

As Threads dit dus regkry om negatiwiteit doeltreffend te verminder, kan gebruikers uitsien na ’n verrykende en
aangename aanlyn atmosfeer. Terwyl nuus en politiek ’n agtersitplek neem op hierdie toepassing, bied Threads ’n
wye verskeidenheid inhoud om te geniet, soos plasings van gunsteling-beïnvloeders, skreeusnaakse memes, grappe
en lighartige geselsies.

Volgens Magriet gaan Threads ’n groot omwenteling veroorsaak oor hoe besighede met klante kommunikeer en
menslikheid in hul handelsmerk inkorporeer. “Huidiglik kan jy nie op Threads betaalde advertensies plaas nie, maar
daar is ’n sterk moontlikheid dat hierdie funksie in die nabye toekoms bygevoeg sal word soos reeds op Facebook en
Instagram. En glo my, dit is beslis iets om na uit te sien,” merk sy op.

Redes hoekom Magriet Groenewald self baie opgewonde is oor Threads:

a. Meta, die dryfkrag agter dié projek en sy voorlopers, het reeds bewys dat dit puik is daarmee om
besighede te help om ’n positiewe ROAS (Return on Ad Spend) te behaal en nuwe gebruikers te lok.
b. Threads is, volgens haar, die volgende groot geleentheid vir klein besighede om nuwe kliënte se aandag te
trek en hul betrokke te hou.

Sy waarsku egter dat die geleentheid nie misgeloop moet word om die wonders van hierdie nuwe toepassing, en hoe
dit jou verhoudings met kliënte kan versterk, te ontdek en ondersoek nie. “Dit is nou die tyd om in te spring en die

ongelooflike voordele wat Threads jou besigheid kan bied eerstehands te ervaar,” sê Magriet.

Watter platform gaan seëvier? Wel, volgens Groenewald sal Threads en Twitter heel moontlik, net soos politieke
partye, moet leer om saam met mekaar te leef. “Threads belowe nie op hierdie stadium om ons noodwendig na nuwe
plekke te neem nie, maar eerder om ons terug te neem na ’n gelukkiger virtuele huis soos wat ons dit in die verlede
geken het,” sê sy.

Met dit alles is ag genome, is Threads ’n vars briesie in die wêreld van sosiale media en ’n welkome alternatief vir Twitter. Dit gaan heelwaarskynlik massas volgelinge lok, net soos enige ander toepassing wat reeds in die verlede deur Meta ontwikkel is.

Brandlive